Mej. Namibië is terug op eie bodemDecember 15, 2021

Mej. Namibië 2021, Chelsi Shikongo, is terug in die land nadat sy aan die Mej. Heelal-kompetisie in Israel deelgeneem het. Shikongo is deur haar ondersteuners by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako terug verwelkom. Mej. India, Harnaaz Sandhu, is as Mej. Heelal aangewys, met Mej. Paraguay, Nadia Ferreira die naaswenner en Suid-Afrika se Lalela Mswane is derde. Shikongo het op die lughawe met die media gesels.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *