Geen borgtog vir huishulp wat glo baba vermoor, verminkDecember 15, 2021

Die huishulp wat glo haar babadogter vermoor en haar binnegoed verwyder het, het in die Windhoek-landdroshof in Katutura verskyn en is nie borgtog toegestaan nie. Die 26-jarige Yoolokeni Haipinge se verhoor is tot 14 Januarie vir verdere ondersoek uitgestel. Sy sal in aanhouding bly en sielkundige evaluering ondergaan. Die saak spruit uit die eienaars van ‘n huis in Rocky Crest in die hoofstad wat Maandag op ‘n die liggaam van ‘n babameisie in hul huishulp, Haipinge, se kamer afgekom het. Volgens die Namibiese polisie het sy vermoedelik geboorte aan die baba geskenk, haar in ‘n plastieksak toegedraai, en later die binnegoed uitgehaal en in die asdrom weggegooi waar dit gevind is. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *