Een Covid-sterfte in Outapi-distrik aangemeldDecember 15, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte in die Outapi-distrik aangemeld, asook 710 nuwe gevalle uit 2 765 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 25,7 persent verteenwoordig. In die groep is 60 leerders, 16 gesondheidswerkers, 14 studente en agt onderwysers. Daar is nou 4 439 aktiewe gevalle, waarvan 110 pasiënte in hospitale is en 10 in hoësorgeenhede. Altesaam 329 088 persone is ten volle ingeënt. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *