Dokotoraat vir man wat eens as nagwag gewerk hetDecember 15, 2021
Andries Daniels van Kimberley in die Noord-Kaap gaan die eerste swart Suid-Afrikaner word om ‘n PhD in wingerdbou te verwerf. Die voormalige nagwag sal hierdie week sy doktoraat aan die fakulteit van landbouwetenskappe by Stellenbosch Universiteit ontvang. Daniels het sedert hy sy eerste graad behaal het by die Landbou-navorsingsraad in Stellenbosch gewerk. Hy het sedertdien deeltyds studeer om drie grade te voltooi, insluitend sy PhD. Daniels spesialiseer in die evaluering van nuwe tafeldruif- en rosyndruif-kultivars en seleksies.