Die Gamsberg gaan die enigste Afrika Millimeter-teleskoop in Afrika huisvesDecember 15, 2021
Die Gamsberg gaan die Afrika Millimeter-teleskoop huisves, die eerste radioteleskoop in Afrika wat sensitief vir millimetergolwe is. Dit is ‘n reuse-projek tussen die Universiteit van Namibië, Radboud Universiteit in Nederland en verskeie internasionale vennote om die teleskoopnetwerk van die Event Horizon Teleskoop met ‘n radioteleskoop in Namibië uit te brei. Dit sal ‘n belangrike skakel vorm in die netwerk van millimetergolwe teleskope regoor die wêreld wat in 2019 die eerste foto ooit van ‘n swart gat gekry het, sê Unam se professor Michael Backes aan Kosmos 94.1 Nuus. Die teleskoop sal ‘n alleenstaande teleskoop wees, die enigste van sy soort in die hele Afrika, en sal in die volgende drie jaar in Namibië gebou word.