Carl Niehaus onthuts oor Zuma se mediese parool tersyde gestel isDecember 15, 2021
Carl Niehaus het die beslissing van die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria om oud-president Jacob Zuma se mediese parool tersyde te stel, as hoogs onregverdig en wraaksugtig beskryf. Volgens die beslissing moet Zuma terugkeer tronk toe om sy 15 maande gevangenisstraf uit te dien. Niehaus sê Zuma word steeds ‘n onreg aangedoen deur ‘n onregverdige stelsel wat hom in die eerste plek nie tronk toe moes gestuur het nie. Hy glo die beslissing bewys die regstelsel word gebruik vir faksie- en politieke doeleindes.