AfriForum verwelkom hof se besluit oor ZumaDecember 15, 2021
Die Suid-Afrikaanse burgerregte-organisasie AfriForum het sy tevredenheid uitgespreek met die uitspraak van die Noord-Gauteng Hooggeregshof in Pretoria. Daar is beslis die voormalige president, Jacob Zuma, se mediese parool moet tersyde gestel word omdat dit onregmatig toegestaan is. AfriForum bestempel die uitspraak as ‘n deurbraak vir die regstelsel. ‘n Woordvoerder, Ernst Roets, sê die organisasie was ‘n applikant wat gevra het dat Zuma se mediese parool dringend hersien word. Die Hooggeregshof het verder beslis dat die tydperk wat Zuma uit die tronk was, nié afgetrek sal word van sy opgelegde vonnis van 15-maande nie.