Positiewe koers van Covid-19 in Namibië nou 8,8%December 6, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 142 nuwe Covid-gevalle uit 1 617 toetsuitslae bevestig wat ‘n positiewe koers van 8,8 persent verteenwoordig. Die Khomas-streek het 121 gevalle, wat 85,2 persent van die totale nuwe gevalle is. In die groep is 12 leerders van verskillende skole, 11 studente, 4 gesondheidswerkers en twee onderwysers. Daar is nou 812 aktiewe gevalle, waarvan 26 pasiënte in hospitale is en twee in hoësorgeenhede.