Stad Windhoek het planne om saam met NHE behuising te ontwikkel

Stad Windhoek het planne goedgekeur om ‘n ooreenkoms met die Nasionale Behuisingsonderneming, NHE, te sluit om ongedienste grond teen ‘n laer koers beskikbaar te stel om behuising te ontwikkel. Stad Windhoek het ook aangekondig grond wat aan die stad behoort, beskikbaar gestel gaan word vir ontwikkeling. Goreangab 6 is 36 hektaar groot en voorsien 145 erwe. Goreangab 7 gaan as nedersetting ontwikkel word. Havana Uitbreiding 11 gaan ook as nedersetting ontwikkel word wat uit 197 erwe gaan bestaan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *