Vyftienjarige skiet drie mede-leerders in Amerika doodDecember 1, 2021
Drie leerders is dood en agt ander beseer toe ‘n 15-jarige mede-leerder by die Hoërskool Oxford in Michigan op hulle losgebrand het. Die verdagte is in hegtenis geneem. Die Oakland-distrik se adjunk-polisiehoof, Mike McCabe, sê die verdagte het 15 tot 20 skote met ‘n semi-outomatiese handwapen afgevuur en het alleen opgetree. President Joe Biden sê sy hart gaan uit na die gesinne wat die ondenkbare verlies van ‘n geliefde moet hanteer. Michigan se goewerneur, Gretchen Whitmer, beskryf die voorval as grusaam.