SA Instituut vir Sekerheidstudies: Korrupsie skep teelaarde vir vervalDecember 1, 2021
Die Instituut vir Sekerheidstudies in Suid-Afrika sê ongebreidelde korrupsie en geweld skep die teelaarde vir ‘n samelewing se verval. Na raming het Suid-Afrika tussen 2014 en 2019 1,5-duisend miljard rand aan korrupsie verloor. Andrew Faull van die instituut sê ten spyte van President Cyril Ramaphosa se pogings laat die skade van ‘n dekade lange swak regering en staatskaping toe dat slegs enkele oortreders wat betrek word by grootskaalse korrupsie en ernstige georganiseerde misdaad, vervolg word. Faull sê ‘n bekwame en betroubare amptenaar is op uitvoerende vlak nodig om die land se regstelsel te hervorm.