Twitter se hoof tree uitNovember 30, 2021

Twitter se medestigter en uitvoerende hoof, Jack Dorsey, het sy onmiddellike uittrede aangekondig. Hy sal egter op die sosialemedia-maatskappy se raad aanbly tot sy termyn volgende jaar verstryk. Dorsey sê dit was ‘n moeilike besluit, maar hy glo die maatskappy is gereed om aan te beweeg. Twitter se hoof van tegnologie, Parag Agrawal, sal as uitvoerende hoof oorneem. Dorsey sê hy het ‘n diepe vertroue in Agrawal aangesien sy werk die afgelope tien jaar hervormend was.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *