Namibiese Landbou-unie vier môre 75ste bestaansjaar
Die Namibiese Landbou-unie vier môre sy 75ste bestaansjaar. Op 27 November 1946 is die Suidwes-Afrikaanse Landbou-unie, Swalu, op Otjiwarongo gestig. By die eerste kongres was 86 afgevaardigdes van 25 boereverenigings en die eerste sake onder bespreking, was werkerskontrakte en vleisbesprekings, met onder meer vloerpryse van vleis. In die begin van die 1960’s het ’n bees 30 sent gekos, ’n kalf 20 sent, terwyl ’n vark, skaap of bok teen 5 sent verkoop is. Tanja Dahl, woordvoerder van die Namibiese Landbou-unie, sê baie harde werk is ingesit om die unie te bring tot waar hy vandag is.