“Hier’s ‘n springbok in Zurich se strate”November 24, 2021

Die Springbok-kaptein Siya Kolisi het na afloop van die Bokke se Europese toer ‘n beroemde toergids gehad terwyl hy Switserland besoek het. Hy het die plaaslike tennisheld, Roger Federer, ontmoet wat hom al Zürich se besienswaardighede gaan wys het. Die 20-malige grand slam-kampioen het foto’s van hulle twee by bekende plekke geplaas en geskryf: “Het iemand ‘n toergids nodig? Ek het ‘n Springbok gevind wat in Zürich se strate ronddwaal. Wat ‘n plesier om jou te sien Siya”. Federer se ma, Lynette, is in Suid-Afrika gebore.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *