Aanpassing in gedrag nodig vir bestuurders in die landNovember 22, 2021
Daar is die afgelope naweek en dae voor die naweek ‘n paar ernstige motorongelukke op ons nasionale paaie aangemeld. Padgebruikers moet met die oog op die komende feesseisoen hulle gedrag verander volgens Nampol se nasionale verkeershoof, kommissaris Amalia Gawanas.