Tim Paine bedank oor seksboodskappeNovember 19, 2021

Tim Paine het aan die vooraand van die Reeks om die As as die toetskaptein van die Australiese span bedank. Paine se besluit kom te midde van ‘n skandaal weg van die veld af, nadat hy glo in 2017 eksplisiete boodskappe aan ‘n vroulike medewerker by Cricket Tasmania gestuur het. ‘n Ondersoek deur Krieket Australië se integriteitseenheid het vier jaar gelede bevind Paine het geen gedragskode oortree nie, maar hy sê hy het groot berou oor sy dade. Hy sê hy het gedink die voorval is iets van die verlede, maar het hy onlangs uitgevind die privaat teksboodskappe gaan bekend gemaak word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *