SA Polisie moet meer hulpbronne kry om kinderontvoerings te ondersoekNovember 19, 2021
Die DA in Gauteng eis dat meer hulpbronne aan die polisie toegewys word om kinderontvoerings in die provinsie te ondersoek. Dit volg nadat ‘n graad 5-leerder van die Laerskool EP Baumann in Mayfair, Johannesburg, ontvoer is. ‘n DA-woordvoerder, Sergio dos Santos, sê leerders het niemand wat hulle beskerm nie omdat die polisie gebuk gaan onder ‘n tekort aan hulpbronne om hulle mandaat uit te voer.