Invoer van eiers knel Namibiese produsenteNovember 19, 2021
Die afgelope tyd is Namibiese eierprodusente bedreig deur ’n toestroming van ingevoerde eiers wat ’n opskudding in die plaaslike mark veroorsaak, sê die Namibiese Landbou-unie. Daarbenewens het faktore soos voer- en brandstofpryse ’n uitdaging gebring, en die eiersektor is geen uitsondering nie. Voerkoste maak 60 tot 70 persent van totale koste uit, en vir klein-medium skaal produsente om ’n plek in die mark te kry, moet hulle ’n aansienlike aantal aflewerings doen, wat brandstofkoste verhoog. Gevolglik skep ingevoerde eiers wat teen 400 tot 500 Namibiese dollar per boks ingevoer word, en meeding met plaaslike eiers wat teen 700 doller per boks geproduseer word, ’n ongelykheid en probleem vir die plaaslike eierprodusente.