Leonard-uraan: daar is kommer meen CalleNovember 18, 2021

Die debat oor die ontginning van uraan in die Leonardville-gebied deur die Russiese staatskorporasie Rosatom duur voort. Boere is bekommerd oor die impak daarvan op die ondergrondse waterbronne. Die leier van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi, het in die Nasionale Vergadering aan die landbouminister, Calle Schlettwein, gevra of die regering bekommerd is oor die moontlike skade wat die proses aan natuurlike hulpbronne kan berokken. Die minister het gesê daar heers inderdaad kommer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *