Eskom maak weer aanpassings in beurtkrag
Die Eskom-bestuurshoof, André de Ruyter, sê hulle wil vanaand om nege-uur beurtkrag tydelik ophef, en môreoggend van vyf-uur tot nege-uur die aand weer Fase een implementeer. Hy sê dit sal egter eers vanmiddag om vier-uur bevestig kan word. Hy het tydens ‘n inligtingsessie gesê verskeie eenhede is reeds weer in werking gestel. De Ruyter sê hulle het die week verskeie uitdagings gehad, maar die vooruitsigte vir die naweek is redelik bestendig: