‘Namibië bied uitstekende geleenthede vir hernubare energie’November 16, 2021
Die Namibiese adjunkminister van myne en energie Kornelia Shilunga het vandag ‘n toespraak by die Afrika Energie Forum in Londen gelewer. Dit is die 23ste Afrika Energie Forum wat aangebied word en eindig môre. Sy sê Namibië bied uitstekende geleenthede in hernubare energie en groen waterstof-ontwikkeling.