Meer ondersteuning vir kinders met MIV nodigNovember 16, 2021

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe, sê meer moet gedoen word om kinders en tieners te ondersteun wat saam met MIV leef. Gesondheidswerkers van beide openbare en privaat gesondheidsgeriewe woon tans drie daagse virtuele opleiding in pediatriese MIV-bestuur by wat vandag begin het. Die opleidingskursus gee die geleentheid aan gesondheidswerkers om lesse te leer uit MIV- en Covid-bestuur in kinders.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *