Eskom moet nog miljarde rand se skuld afbetaal
Die Ouditeur-Generaal en Eskom se eksterne ouditeure sê die kragvoorsiener het steeds miljarde rand se skuld wat afbetaal moet word. Die ouditeursfirma Sizwa Ntsaluba Gobodo Grant Thornton het die parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge, Skoor, ingelig oor die 2020/21-oudituitkomste. Die firma sê Eskom kan dalk sy tariewe verhoog aangesien hy 152 miljard rand se skuld het om te betaal asook terugbetalings op rente van 125 miljard rand. Die firma se verteenwoordiger, Siyakhula Vilakazi, sê Eskom kan die skuld slegs betaal deur middel van staatsondersteuning of kostedoeltreffende tariewe.