Namibiese arbeidsministerie hanteer Chinatown-voorval met Chinese ambassade
Die Namibiese arbeidsminister, Utoni Nujoma, het vandag sy reaksie in die Nasionale Vergadering gegee oor die voorval in die Chinatown-inkoopsentrum in die hoofstad waar ‘n Chinese werkgewer glo ‘n vroulike werker gedwing het om haar uniform voor kliënte uit te trek. Die Chinese man is in hegtenis geneem en verskyn vandag in die hof. Nujoma sê sy ministerie is besig om die kwessie met die Chinese ambassade in Windhoek te hanteer.