Sterk optrede nodig by COP26 – Cyril
President Cyril Ramaphosa het tydens die COP26-wêreldberaad oor klimaatsverandering ‘n sterk boodskap gelewer. Hy sê klimaatsverandering hou sonder twyfel ‘n ernstige bedreiging vir die mensdom in. Hy het weereens die punt beklemtoon dat sterk optrede teen klimaatsverandering met versnelde ontkoling van energiestelsels moet begin. Ramaphosa het beklemtoon hierdie oorgang moet egter regverdig en korrek geskied. Hy sê lande betree ‘n uitdagende nuwe wêreld met klimaatsuitdagings wat die mensdom verenig en ons is hierdie oorgang aan toekomstige geslagte verskuldig.