Samwu staak steeds (onwettig) vandag in Tshwane
Die Tshwane-metro sê dienste in die metrogebied kan vandag moontlik weer onderbreek word weens ‘n staking deur die munisipale werkersvakbond, Samwu. Dit volg ondanks Vrydag se tussentydse bevel deur die Arbeidshof wat die staking as onwettig en onbeskermd verklaar. Die Tshwane-metro woordvoerder, Selby Bokaba, sê die metroraad het aansoek gedoen vir ‘n dringende interdik nadat werknemers wat aan Samwu behoort, begin staak het.