Pfizer-entstof ook op padSeptember 24, 2021

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula sê 100 620 dosisse van die Pfizer Covid-entstof sal binnekort in Namibië aankom. Die entstof word deur die Biden-administrasie geskenk. Volgens Shangula word die jongste navorsing oor wie in aanmerking vir die spuit kom, op die oomblik plaaslik hersien. Hy sê die beperking van persone 18 jaar en ouer kan moontlik aangepas word. Pfizer is as veilig bevestig vir kinders vanaf 12-jaar en proewe word op die oomblik in die VSA gedoen oop jonger kinders. In Kuba ent owerhede kinders vanaf die ouderdom van twee-jaar met hulle eie vervaardigde entstof.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *