Nghipunya se ‘lang-draai’ borgaansoek weer in die hofSeptember 24, 2021

Die voormalige hoof van Fishcor en Fishrot-beskuldigde Mike Nghipunya se dringende aansoek in die hoërhof om sekere bepalings in die strafregtelike wetgewing te verwyder is vandag voor regter Thomas Masuku. Volgens sy stukke is die bepalings wat verdagtes in aanhouding hou voor hulle verhoor of selfs vonnis, teen die bepalings van die Grondwet. Hy vra die hof dat sou daar beslis word dat die hof hom eerder sal wend aan die bepalings van artikel 25 van die Grondwet en die bepalings van die wetgewing ter syde sal stel, dan moet hy onmiddellik op borg vrygelaat word. Die staat staan die aansoek teen. Regter Masuku sal na verwagting vandag datums bepaal vir die indiening van stukke deur die partye sodat die saak aangehoor kan word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *