DA sê polisieminister het te laat erken daar is agterstand met DNSSeptember 22, 2021
Die DA in die Wes-Kaap sê die minister van polisie, Bheki Cele, kan nie beloof om ‘n einde te maak aan vrouemoord as die toerusting vir die verwerking van DNS nie in stand gehou word nie. Dit is die party se reaksie op ‘n onlangse verklaring waarin Cele onthul het 37 647 gevalle van seksuele misdrywe in die provinsie is vertraag weens die agterstand met die nasionale DNS. Die party se woordvoerder vir maatskaplike ontwikkeling, Gillion Basson, sê Cele is persoonlik verantwoordelik vir die mislukkings in die polisiedepartement.