Veediefstal van byna kwartmiljoen in die VrystaatSeptember 17, 2021
Drie verdagtes tussen 33 en 35 jaar is vasgetrek in verband met veediefstal van 220 000 rand in die Vrystaat. Die polisie-misdaadintelligensie het ‘n wenk ontvang oor veediefstal wat op ‘n plaas naby Wesselsbron in die Vrystaat beplan word. ‘n Span bestaande uit lede van die Odendaalsrus-veediefstaleenheid en die Eenheid vir Bedreigde Spesies het die gebied dopgehou. ‘n Polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê hulle het ‘n vragmotor met beeste op voorgekeer.