15 000 afgetredenes verloor Psemas-lidmaatskapSeptember 15, 2021

Die Namibiese ministerie van finansies het aangekondig dat lidmaatskap van die staat se mediese skema, Psemas, vir 15 162 afgetrede staatsamptenare met onmiddellike effek beëindig is. Luidens ‘n verklaring van die ministerie, moet staatsamptenare na aftrede binne 90 dae aansoek doen vir verdere voordele en die voordele moet betaal word uit hulle pensioenfonds. Volgens die ministerie, het die betrokke amptenare nie die voorskrif nagekom nie en sommige het ook hulle hele pensioen onttrek. Verskeie oudits word op die oomblik op Psemas gedoen as gevolg van erge korrupsie en misbruik van die skema deur beide lede en mediese praktisyns.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *