Mediclinic gaan ooreenkoms aan vir hernieubare kragSeptember 5, 2021

Die privaat-gesondheidsorg-groep, Mediclinic, het ‘n ooreenkoms van 2,2-miljard-rand met Energy Exchange of Southern Africa aangegaan vir die verkryging van hernieubare krag vir sy bedrywighede. Die transaksie vorm deel van die maatskappy se omgewings-, maatskaplike- en goeiebestuur-strategie, wat ten doel het om Mediclinic teen 2030 koolstofneutraal te maak. Energy Exchange gaan Mediclinic toegang tot hernieubare energie van onafhanklike kragverskaffers teen gunstige tariewe bied. Die groep-uitvoerende hoof van Mediclinic, Ronnie van der Merwe het aan My Broadband gesê die maatskappy het hom tot volhoubaarheid verbind deur sy hulpbronne verantwoordelik en doeltrefffend te bestuur.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *