Buitelandse vlugte na Kaapstad ook goeie nuus vir Namibiese toerismesektor

‘n Namibiese toerismekenner gee sy reaksie op al hoe meer buitelandse lugdienste wat weer na Kaapstad vlieg. Lugdienste soos Emirates, Singapore Airlines, Lufthansa en Turkish Airlines het vlugte na Kaapstad heringestel het. British Airways beplan ook om van November af vlugte na Kaapstad in te stel. Nrupesh Soni, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dit die Namibiese toerismebedryf sal bevoordeel.

Soni het ook gesê dat Namibië, wat gister deur die Sentrum vir Siektebeheer in Amerika tot vlak 4 afgegradeer is, vandag weer opgegradeer is na vlak 3. Dit beteken dat Amerikaanse burgers na Namibië kan reis, en dit is goeie nuus vir die toerismesektor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *