Buitelandse burger verkoop glo aborsietablette

‘n Buitelandse burger, Johan Turyamureba, bly in aanhouding ná sy verskyning in die landdroshof in Oos-Londen op aanklagte van die oortreding van die Wet op Medisyne en Verwante Middels. Die Valke het hom in hegtenis geneem op aanklag van die verkoop van wat blykbaar aborsietablette is. Die tablette val onder die skedule 4-kategorie en mag slegs deur geregistreerde mediese praktisyns of aptekers verkoop en versprei word. Polisielede het tydens ‘n uitlok-operasie drie tablette suksesvol aangekoop en Turyamureba  daarna in hegtenis geneem. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *