DA bly oor staat van beskuldiging teen Hlophe
Die DA sê die besluit om die Wes-Kaapse regter-president, John Hlophe, in ‘n staat van beskuldiging te stel, is ‘n stap in die regte rigting. Die DA se skaduminister vir justisie, Glynnis Breytenbach, het die Regterlike Dienskommissie se besluit verwelkom om te begin om Hlophe te verwyder. Sy beskryf dit as ‘n oorwinning vir die regsorde en regterlike onafhanklikheid. Breytenbach wil egter hê Hlophe moet geskors word terwyl die verrigtinge teen hom afgehandel word: