Noord-Kaap se blommetyd is hier!August 19, 2021
Die Noord-Kaap betree nou die spitstyd van sy blommeseisoen. Die Namakwa Nasionale Park sê die blomme sal tussen nou en volgende maand hul beste kleure vertoon. Die parkbestuurder, Pheladi Chuene, sê die oorheersende spesie is tans die valskerm madeliefie, gevolg deur die Namakwa-madeliefie. Chuene sê aanhoudende wind is egter vir die res van die week voorspel, wat ‘n negatiewe uitwerking op sommige van die blomme mag hê.