Meer as 23 000 tienerswangerskappe in Gauteng skok
Die Demokratiese Alliansie in Gauteng sê tienerswangerskappe het ‘n negatiewe uitwerking op onderwysgeleenthede vir jong meisies in die provinsie, veral dié sonder behoorlike hulp en ondersteuning. Die LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het onthul dat 23 226 tienerswangerskappe van April verlede jaar tot Maart vanjaar in Gauteng aangemeld is. DA-woordvoerder, Refiloe Nt’sekhe, sê hierdie syfer is hartseer en ongelooflik kommerwekkend as in ag geneem word dat dit meisies is wat steeds ‘n blink toekoms voor hulle het.