Erongo ent byna 1 500 mense op een dag in

Die Erongo-streek se goewerneur Neville Andre Itope is tevrede met sy streek se inentingsveldtog met 1 496 mense wat op een dag ingeënt is. Die streek se teiken is om eenduisend mense per dag in te ent. Voorheen is sowat 400 mense per dag in Erongo ingeënt. Gondwana Collection Namibia gaan in samewerking met die goewerneur se kantoor vanaf volgende week ‘n deurry- en instap-inentingstasie by die kus geïmplementeer word. Vanaf 17 tot 27 Augustus sal ‘n inentingstasie by die Jan Wilken-stadion op Walvisbaai oopmaak en vanaf 31 Augustus tot 10 September op Swakopmund by die rugby-stadion. Die inentingstasies sal Maandae tot Vrydae vanaf tienuur soggens tot ses uur saans oop wees, en Saterdae en op Heldedag tussen tienuur soggens tot twee-uur smiddae. Gondwana se handelsmerkbestuurder, Jescey Visagie, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *