Vleisraad verdedig die rooilyn

Die Namibiese Vleisraad het sy stem bygevoeg in die debat oor die sogenaamde rooilyn. Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging het ‘n saak in die hoërhof gebring om die kordonheining te verwyder na vleis wat hy op Omuthiya gekoop het by Oshivelo gekonfiskeer is. Volgens die vleisraad is die rooilyn daar om die beweging van vee te beperk en sodoende die verspreiding van bek- en klouseer en bees-longsiekte te beperk. Die grootste uitbreking van bek-en klouseer was tussen 1961 en 1964 wat baie groot ekonomiese skade aan die land berokken het. Die grootste uitdaging met die siekte is die poreuse grens tussen Angola en Namibië, en die geskiedkundige nou bande wat gemeenskappe aan beide kante van die grens het. Weiding word ook oor en weer gedeel. Namibië word as bek- en klouseer-vry Suid van die rooilyn ge-ag, wat alle uitvoere van bees en bees produkte, toelaat. Amupanda se saak begin op 31 Augustus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *