Groot opgewondenheid oor Eurowings-vlugAugust 11, 2021
Die eerste Eurowings Discover vlug kom vroeg vandag by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aan. Eurowings vorm deel van die Lufthansa-groep. Die woordvoerder van die Namibiese omgewingsministerie Romeo Muyunda, sê daar is hoop dat besoekersgetalle sal toeneem. Hy sê dit is ‘n teken van optimisme, hoop en groei vir die Namibiese toerismesektor. Muyunda het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.