Publiek word gewaarsku oor veldbrande
Die meeste veldbrande word volgens berigte deur mense veroorsaak en kan voorkom word. Met die droë gras in die winterseisoen, kan ‘n vuur maklik ontstaan en in ‘n onbeheerbare weghol-brand ontaard. Stad Windhoek waarsku inwoners om brande in en om die stad te voorkom. Harold Akwenye, bestuurder van korporatiewe kommunikasie van Stad Windhoek, gesels met Kosmos 94.1 Nuus en gee raad hoe om brande te voorkom.