Entrepreneurs in Eenhana en Ohangwena vandag bygestaan
Die PitchingFor Resilience, oftewel P4Res-program van SMEs Compete is tans onderweg in die streke van Eenhana en Ohangwena met die eerste groep entrepreneurs wat gehelp word om voor te berei. Hulle sal hul voorleggings aan ‘n paneel van vyf beoordelaars Vrydag doen. SMEs Compete se direkteur, Danny Meyer, sê die program het ten doel om bestaande besighede te help om kop bo water te hou. Sowat 1,5 miljoen Namibiese dollar is in die plaaslike mark ingestoot met sowat 8 miljoen Namibiese dollar in totaal in die program. Meyer gesels met Kosmos 94.1 Nuus.