WGO-ondersoek: China is onverantwoordelikJuly 23, 2021

Die Withuis sê dis teleurstellend dat China die Wêreldgesondheidsorganisasie se plan vir ‘n tweede fase van die ondersoek na die ontstaan van Covid-19, verwerp het. Die WGO wil laboratoriums oudit in die stad Wuhan, waar die virus heel eerste identifiseer is. China se adjunk-minister van Gesondheid, Zeng Yixin sê hierdie plan van die WGO wys op ‘n gebrek aan respek vir gesonde verstand en arrogansie jeens wetenskap. Die perssekretaris van die Withuis, Jen Psaki, sê China se houding is onverantwoordelik en doodgewoon gevaarlik.

Sy voeg by dat China ‘n verantwoordelikheid het teenoor die wêreld.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *