Vloede in China wek kommer, 12 reeds dood

Die dodetal ná dae se deurdringende stortreën en massiewe oorstromings in sentraal-China het tot 12 gestyg. Sowat 100 000 mense moes hulle huise in stede in die Henan-provinsie verlaat, insluitend die hoofstad Zhengzhou. Huise is verwoes, paaie het ineengestort en die moltreinstelsel is oorstroom. Weeragentskappe het die hoogste waarskuwingsvlak vir die provinsie uitgereik terwyl meer reën in die komende dae verwag word. President Xi Jinping het die situasie as baie ernstig beskryf.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *