Whk: nuwe grond vir behuising geïdentifiseer

Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, het gesê die stad het grond in Otjomuise geïdentifiseer waarheen mense wat in informele nedersettings woon, verskuif sal word. Hy het dit gesê tydens die oorhandiging van een van die 131 huise wat tot dusver gebou is onder die informele nedersettingsopgradering van die loodsprojek vir bekostigbare behuising in Okuryangava. Hy het gesê volgens ‘n verslag oor behuisingsuitdagings in Windhoek, is informele nedersettings ‘n groot uitdaging is wat herontwerp moet word. Die stad sal dus inwoners van die informele nedersettings by die nuwe plek hervestig om ruimtes te gebruik waar paaie gebou kan word en die afbakening van erwe behoorlik te maak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *