SA Nasionale Weermag in Nelson Mandelabaai ontplooiJuly 13, 2021

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is in Nelson Mandelabaai ontplooi nadat premier Oscar Mabuyane dit as voorsorgmaatreël versoek het. Dit volg nadat geweld en plundery vandag in ander provinsies voortgaan. Soldate is vanmiddag buite die Motherwell-winkelsentrum opgemerk. Ten spyte van vrese dat oproer en geweld steeds mag opvlam, is daar vandag geen berigte van sulke voorvalle in die Baai aangemeld nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *