Lufthansa-vlugte tussen Frankfurt en Windhoek gesny

Met Namibië wat in Duitsland as ‘n virusvariant-gebied deur die Robert Koch-instituut verklaar is, het die Lufthansa-groep aangekondig dat hul vlugte tussen Frankfurt en Windhoek vanaf vandag van vyf vlugte na drie vlugte per week verminder word. Dr. André Schulz, Lufthansa se bestuurder van Suider- en Oos-Afrika, het in ‘n mediaverklaring gesê vlugte uit Windhoek sal vanaf Donderdag 15 Julie op Dinsdae, Vrydae en Sondae om sewe-uur soggens vertrek. Vlugte vanaf Frankfurt se tye bly onveranderd. Passasiers wat reeds vliegtuigkaartjies op hierdie vlugte bespreek het, kan hul vlugte teen geen koste her-bespreek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *