Namibiese gesondheidsministerie verwag Covid-entstowwe volgende week

Die Namibiese gesondheidsministerie sal voortgaan met inentings teen Covid-19 op naweke en dit sal môre voortduur waar entstowwe nog beskikbaar is. Gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig daar is beperkte voorraad entstof, maar dit word volgens hom binnekort verwag. Die entstowwe moes aanvanklik vandeesweek in die land aangekom het, maar hy hoop entstowwe sal volgende week in Namibië wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *