Zuma het geen opsies oor nie…June 29, 2021
Dit wil voorkom asof die voormalige Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma die keer werklik tronkstraf sal uitdien. Hy is vroeër vanoggend skuldig bevind aan minagting van die hof en 15 maande tronkstraf opgelê. Die konstitusionele hof het hom skuldig bevind, die hoogste hof in die buurland wat enige moontlikheid van appèl uitskakel, soos die politieke ontleder professor Andre Duvenhage verduidelik.