Spele: groot opgewondenheid in Nam-spanJune 29, 2021
Die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee het gesê die Namibiese atlete wat vir die Olimpiese Spele in Tokio, Japan, gekwalifiseer het, is goed voorberei en gereed om mee te ding. Joan Smit, sekretaris-generaal van die komitee, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die opwinding is groter as ooit tevore.